Digby die Ngorongorokrater woon die Hatzabe stam. Dis mense wat nog versamelaar-jagters is, met ’n bestaan wat sterk herinner aan dié van die Khoi en San in suidelike Afrika. Die Voetsporespan is saam met hulle veld toe om te gaan jag. Ander mense, die Datoga, het die span gewys hoe daar nog tradisioneel in sentraal Tanzanië geleef word. Daarna word besoek gebring aan Engaruka, een van die belangrikste ruïnes in sentraal-Afrika.