Danksy Byl en sy span het Vermeer gefaal en die eenheid is herstel na hul vorige glorie. Dit beteken egter nie minder uitdagings nie. Iemand teiken prostitute terwyl die see lyke uitspoeg.
'n Massagraf word in die see ontdek en wanneer die liggame verwyder word, begin die reeksmoordenaar eskaleer. 'n Stukkie kougom word in die lies van 'n Ripper-slagoffer gevind.
'n Tweede liggaam met tekens van verkragting word in 'n asblik gevind. Nadat Byl versuim om betalings te magtig., ontvang Juan 'n onweerstaanbare aanbod. Jo vermoed William steek iets weg.
Die reeksmoordenaar teiken haar finale slagoffer en dit raak persoonlik. Nicki vind geselskap by Alex en dit ontstem Byl. 'n Sleutelpersoon in die Nabootser-saak raak vermis.
'n Jagtog neem 'n donker wending en dit laat 'n vriend van Nicki twyfel oor sy besluite. Juan ontwikkel 'n algoritme om te voorspel watter reeksmoordenaar die Nabootser volgende gaan namaak.
Byk vind sy eie DNS op 'n Nabootser-moordtoneel. William se verhouding met sy buurvrouversleg verder. Jo word in 'n moeilike situasie geplaas en moet haar demone in die oë kyk.
Menslike oorskot wat naby 'n slaghuis gevind is, plaas Byl op die spoor van 'n kunstenaar. Die eenheid maak 'n deurbraak met betrekking tot die Copycat Killer se leidrade. Jo en William deel 'n intieme oomblik.
Victor neem die laaste stappe om sy perfekte kunswerk te voltooi. Mia ontvang 'n boodskap vir Byl van 'n rondloper. Die inhoud laat hom besef dat die Copycat Killer nader is as wat hulle dink.
Om die Copycat Killer te stop, word 'n wedloop teen tyd. Juan se vermoede dat die moordenaar dalk iemand in hul span is, ontplof in 'n kantoorgeveg, terwyl Byl onwetend in 'n lokval loop.
Byl moet op sy span staatmaak om hom te red, maar hulle moet leidrade oplos en die nuutste Copycat-slagoffer vind voordat dit te laat is. Die moordenaar se finale pakket het dodelike gevolge.
Byl se span ondersoek 'n wraakmoord wanneer 'n dwelembaas se broer met 'n toegewerkte mond gevind word, maar munte in sy mond en 'n tandtrek-patroon dui op 'n reeksmoordenaar.
Byl moet die skakel tussen twee tandartse, 'n begrafnisondernemer en 'n huis vir verslaafdes vind om die Tandemuis te stop. Hulle ontdek nog 'n moordtoneel vol uitgebrande vuurhoutjies.
'n Vermoorde sjef word gevind met 'n nommer sewe op sy nek gekerf. Byl vermoed nommer agt is oppad. Die span ontdek meer skakels tussen die vuurhoutjieslagoffers en die sewe doodsondes.
Jo vermoed die nommers op die slagoffers se nekke dui op 'n militêre agtergrond. Eliaan orkestreer 'n skokkende konfrontasie tussen twee mans, terwyl Nicki slegte gesondheidsnuus ontvang.
Die span word by 'n grusame saak betrek wanneer verskeie lyke gevind word met tekens van 'rat bite fever' en menslike DNS in die wonde. Eliaan teiken 'n joernalis as haar volgende slagoffer.
Wanneer 'n kritikus se liggaam gevind word, moet die span spring om die moordenaar vas te trek voor sy haar boek kan voltooi. Byl-hulle maak 'n groot deurbraak in die sewe doodsondes-moorde.