Met vanjaar se Voetsporereis kom die span gereeld ander Suid-Afrikaners teë. In Pointe Noire is daar sommer ’n groot groep manne wat in die Kongo kontrakwerk doen. Saam met hulle word daar gebraai en gholf gespeel in die stad wat eens een van die vakansiemekkas op die kontinent was. ’n Nasionale verkiesing beperk ook die span se bewegings en dit laat hulle toe om ’n dag of wat langer op Pointe Noire te kuier.
Name | Type | Role | |
---|---|---|---|
Johan Badenhorst | Writer | ||
Johan Badenhorst | Director |