Home / Series / Voetspore / Aired Order / Season 17 / Episode 3

Higuera na La Paz

Na 'n vermoeiende reis kom die span aan by die hoogste stad in die wêreld – La Paz. Die stad word verken met 'n netwerk van kabelspoor karretjies. Dit is 'n pragtige stad met uitstekende argitektuur. In die stad is daar twee maal per week een van die grootste straatmarkte ter wêreld – dit beslaan nagenoeg 200 straatblokke. La Paz is ook die tuiste van die stoeiende Cholitas – Bolivië se weergawe van die Lucha Libre-stoeigevegte, maar wel deur vrouens. Net buite die stad besoek die span die argeologiese vindplaas Tiwanaku en die Titicacameer.

English
  • Originally Aired February 9, 2024
  • Runtime 50 minutes
  • Network SABC 2
  • Created February 29, 2024 by
    tonylogin
  • Modified February 29, 2024 by
    tonylogin