Dit is 'n week van indrukwekkende landskappe en grensoorgange. Eerstens is dit terug na Argentinië vir 'n besoek aan die Perito Moreno-gletser, dan terug na Chili vir die geografiese hoogtepunt van Suid-Amerika – die 2000 meter hoë granietkolomme van Torres del Paine. Die week is afgesluit met die oorsteek van die Straat van Magellaan na Tiera del Feugo.