Dudley Wessels lei die span van Naries na Kookfontein en Leliefontein in Namakwaland. In die winter is dit 'n blommeparadys. Die span besoek ook Skilpad in die Namakwa Nasionale Park en kamp op die strand naby Koringkorrelbaai aan die Weskus. Die week word afgesluit met 'n dinee by die Muisbosskerm naby Lambertsbaai, met Valiant Swart as gaskunstenaar.