Huis Lelieveld, die tuiste van brille en pille, word op sy kop gekeer wanneer Martha Goosen by die oord intrek. Sy veroorsaak groot huismoles by die Louw's...
Toe Blaartjie besluit dis tyd dat Brand die 'Banting dieet' volg, is dit nie lank voor sy almal in die oord op hol het oor die stank van blomkool wat in die lug hang nie.
Wanneer Dominee Droe Fleur persoonlik bedank vir die petisie wat sy gereël het, kry Fleur ander gedagtes en oorreed Dominee om saam met haar te gaan uiteet as sy betaal.
Gielie maak geld deur die oord se tannies se toonnaels te versorg. Spanner gril hom dood aan die gedagte om aan ander se voete te raak, aangesien hy nie eers sy eie toonnaels kan knip nie.
Molly is hoogs ontsteld wanneer sy hoor dat Wors Sun City toe moet gaan om sy werk se jaarlikse konferensie by te woon. Sy reken dis net 'n rede om te gaan drink.
Wors is in groot moeilikheid nadat hy tuiskom van sy vier dae lange konferensie. Molly is woedend en geen blomme of sjokolade kan Molly oortuig hy is jammer nie, veral nie goedkoop blomme nie.
Dominee Droel het probleme wanneer 'n ouderling 'n klagte indien oor ongeruimdhede in die oord se verjaarsdagfonds. Molly, wat lank dokter Proctor se boeke gekook het, het 'n oplossing...
'n Baksteen deur Fleur se voorhuis venster het die oord in rep en roer. Wors se werk stel 'n vrou as verkoopsdame aan - hy raai Gielie aan om liewer nie vir Molly daarvan te vertel nie.
Huis Lelieveld se ontvangs val uitmekaar toe Koekie vir drie dae Bloemfontein toe gaan om aan 'n kompetisie deel te neem. Ds Droel voel verlore sonder haar en moet self bontstaan...
Molly moet die vrede tussen Martha en Blaartjie bewaar en kom met 'n goeie idee op wat help dat hulle mekaar verdra. En Wors vergeet om iets van Loslyf Lola vir Molly te sê...
Dominee Droel is nie seker wat hy moet doen elke keer as die media op hol gaan met 'n storie oor hom nie, maar gelukkig kan Molly raad gee uit ondervinding met Dokter Proctor.
Dominee Droel het sy hande vol toe die inwoners besluit dis tyd om hulle testament in orde te kry. En Fleur het 'n baie persoonlike probleem wat sy met Matrone Molly kom bespreek.
Spanner skrik hom boeglam toe hy Matrone Molly en Dominee Droel in die kantoor betrap met 'n half jack in die hand. Martha kry 'n waarskuwing nadat sy van die oord se reëls oortree het.
Toe die spoed van die internet ondraaglik stadig word en mense begin kla, is Gielie en Spanner onder verdenking. Hulle work gedwing om weer met hulle 'pay as you go' rekeninge klaar te kom.
'n Omsendbrief van die beheerraad veroorsaak groot ongelukkigheidonder die inwoners van Huis Lelieveld. Vis Venter wys aan die beheerraad presies wat hy van hulle voorstel dink.
Huis Lelieveld begrawe een van sy geliefste inwoners. Gielie is in groot moeilikheid omdat oom Vis hom omkoop om hom by die casino af te laai - die polisie se hulp word ingeroep.
Foto's van Martha se blou agterent word op die oord se WhatsApp groep gedeel. Toe dominee Droel in die aanhoudingselle van die polisiestasie bevind, kry Molly vir Wors om te help
Vis is in die moeilikheid nadat al sy bure kla oor 'n groot lawaai die vorige aand. Spanner en Gielie het hulle eie idee van wat die rede vir die lawaai kan wees ...
Gielie Goosen's great love, Dollie and Pollie, moved abroad and now live in England. Gielie also wants to immigate to the UK. A misunderstanding about his identity gets him in big trouble.