Om na die afgesonderde suide van Madagaskar te reis, bied baie verrassings. Op pad na die kusdorpie Lavanono ry die span deur 'n sandwoestyn wat soos 'n mini-Namib lyk. Lavanono self is 'n oulike vissersdorpie. Die mees suidelike punt van die eiland is die windverwaaide Cap Saint Marie, geleë in 'n heiligdom vir die endemiese skilpaaie van Madagaskar. Die volgende punt op die reis is die nog dorre Faux Cap waar eierdoppe van die nou uitgestorwe olifantvoël gevind kan word. Die episode word afgesluit met 'n besoek aan die Mandrare River Camp, Madagaskar se eerste eko-lodge.
Name | Type | Role | |
---|---|---|---|
Johan Badenhorst | Writer | ||
Johan Badenhorst | Director |