Die Blou- en Witnyl vloei saam by Kartoem. Die twee magtige riviere word een by die hoofstad van die Soedan. In die land, wat so drasties anders is as Ethiopië wat die span pas agter gelaat het, is daar ’n baie sterk Moslem karakter, en een van die kleurrykste seremonies vind plaas by die Mahomed el Nil moskee waar die moskeegangers hulself tot in ’n trans dans.