Die week se reis neem die Voetsporespan van Ruacana, verby die magtige Epupawaterval, suid na Bergsig – vir jare die tuiste van die Riemvasmakers van die Noord-Kaap. Nobert Coetzee, een van die spanlede, het op die plek grootgeword. Dan gaan hulle Damaraland binne en besoek Gai-As met sy geheime fonteine. Voor hulle die byna ondeurdringbare Benede-ugaprivier aandurf.