Die reis van die Kongorivier tot by die Kwanza, net suid van Luanda, het sy eie uitdagings gehad. Wanneer die span egter eers by hulle ou vriende by die Kwanza River Lodge opdaag en saam verder reis tot by die visvangparadys Flamingo net suid van Namibië, is die ontberings van die vorige week sommer gou vergete.