Die kusdorp Limbe het na bewering die tweede hoogste reënvalsyfer in die wêreld. Dit beleef die Voetsporespan terdeë. Die dorp is geleë aan die kus, op die voetheuwels van die aktiewe vulkaan, Berg Kameroen. By die vismark kry ’n mens die varsste vir, wanneer die vangs van die dag sommer net daar vir jou voorberei word. Na Limbe reis die span na Douala en Yaoundé, die hoofstad.