Die Ring in Kameroen is geskep deur vulkaniese aktiwiteit, en vandag nog het die dramatiese natuurtonele ’n invloed op die mense. Van Kameroen se mooiste kunswerke word geskep in die vulkaanlandskap met sy berge, golwende heuwels en pragtige watervalle. Om die gebied te besoek moet die Voetsporespan, tydens die reënseisoen, deur die een reënblokkade na die ander. Voertuie word van die paaie afgehou as dit in dié wêreld begin reën.