Die Moslem-noorde van Nigerië is soveel anders as die korrupte, oorbevolkte suide. In die stad Kano, wat reeds in 1400 n.C. gestig is, word ’n mens oorweldig deur die kunswerke in die mark en die pers doeke wat met eeue-oue praktyke gekleur word. Maar dan beweeg die span verder oos na Maiduguri, die poort tot Kameroen.