Net om Niger te besoek is alreeds iets van ’n prestasie. Dis ’n Afrikastaat met bitter min bande met die buitewêreld. Die hoofstad is Niamey – ’n rustige stad aan die oewer van die Nigerrivier. Maar die Voetsporespan wou verder die binneland in, na Agadez. Die probleem was net dat die polisiekommissaris nie van hulle besoek in kennis gestel is nie. Dit lei toe tot ’n arrestasie in Agadez!