Eeue gelede was Timboektoe die toonaangewende intellektuele sentrum in die Moslemwêreld. Die stad is jaloers bewaak teen enige invloede van buite. Talle van die geskrifte en manuskripte wat uit die tydperk dateer, word steeds in die stad bewaar. Die Suid-Afrikaanse regering het ’n leidende rol gespeel in die oprigting van ’n biblioteek om die manuskripte te bewaar. Afgesien van ’n besoek aan die biblioteek vaar die span ook die Sahara in, met kamele, om te sien hoe die Toearegs leef.