By Djenne sien die span die grootste modderstruktuur in die wêreld – die Groot Moskee van Djenne. Die moskee bied ook ’n weeklikse mark aan. Die plek is so tipies Wes-Afrika, die handelaars en kopers merk nie eers die handjievol toeriste op nie. Vandaar vorder die manne tot by Mopti, op die oewer van die Nigerrivier, met nog eens ’n indrukwekkende moddermoskee.