By Dakar draai die span oos vir die volgende paar weke. Die eerste mikpunt is ’n reis deur die kremetartwoude van Wes-Afrika, al die pad tot by Bamako, die hoofstad van Mali, op die oewer van die Nigerrivier. Hierdie rivier is die lewensaar van Wes-Afrika.