Dakar is geleë op die mees westelike punt van die kontinent. Dis vandag een van Afrika se besigste stede. Dit bied aan die span die geleentheid om weer voorrade in te neem voor hulle reis na Mali en Niger, maar ook om besoek te bring aan Goreé-eiland. Die eiland vertel die geskiedenis van slawehandel in Wes-Afrika.