Saint Louis was die heel eerste Franse nedersetting in Wes-Afrika en vir dekades lank die finansiële en administratiewe sentrum van die gebied. Dis gevestig in 1695, en is vandag ’n besige hawedorp. Van Saint Louis reis die span suid, kuslangs, op die laaste been van die oorspronklike Dakar-tydren, al die pad tot by Lac Rose, net noord van Dakar.