Diep in die Sahara besoek die span die soutmyne naby Zouîrat, asook die putte waar die kamele water suip voor hulle die woestyn ingaan. Na ’n besoek aan die myndorp gaan die span suid na Ben Amira, die tweede grootste monoliet in die wêreld. Vandaar is dit na Atar en Oudane – die antieke stad, gebou uit klip. Na ’n nag in die woestyn reis die span tot by Nouakchott – die hoofstad van Mauritanië aan die kus.