Die reis begin met voorbereidings in Suid-Afrika en die verskeping van die voertuie na Marokko. Die span kom in Casablanca bymekaar – ’n stad bekend vir frases soos “Play it again, Sam” en “Of all the gin joints in all the towns in all the world, she walks into mine.” Maar die wag vir die voertuie is ’n lang wag, en die manne moet hulself vermaak met dit wat daar in die kommersiële sentrum van Marokko te doen en te sien is.