Leydsdorp is 'n fassinerende dorp wat meer as 130 jaar gelede 'n goudstormloop beleef het. Ná ’n besoek aan die spookdorp word die span vermaak deur die Vorsters van Letsitele – megaboere van die Laeveld. Dan 'n besoek aan 'n ou gunsteling – die Wolkberge. Die week word afgesluit met 'n besoek aan die Klaserie Natuurreservaat.