Ella en Poppie sluit by die plaaslike gimnasium aan. Nie alleen neem hulle privaatklasse by die instrukteur nie, die man is ook ‘n opgeleide masseur van Zimbabwe. Frik is egter oortuig hy is ‘n onwettige immigrant. Worsie sê hy is meer as pens en wil soos Boeboe ook ‘n boep-job laat doen. Al kan hy dit nie bekostig nie, glo Worsie dis al hoe hy ‘n meisie gaan kry. Sheridon help hom van die wal in die sloot deur hom na die plaaslike kliniek, met die Kubaanse dokter, te verwys. Worsie en Dokter Feuentes verstaan mekaar nie so lekker nie en in plaas van die boep-job kry Worsie ‘n ‘barmitzwa’. Frik verseker hom dat dit baie gesonder is, veral in ons klimaat.