Jan Kleynhans het moeilikheid. Daar’s al maande lank ‘n slaggat reg voor sy huis en dis nie hoog op die munisipaliteit se prioriteitslys…
Elsa Kleynhans is gedaan. Haar man Jan snork haar uit die huis uit en sy’s vasberade om die probleem eens en vir altyd die nekslag toe te dien.
Dis amper kerkbasaar en die Kleynhans-huishouding is in rep en roer. Oom Tjoppie gaan weer afslaer wees op die veiling.
Nie Jan of JJ het lus nie, maar op Elsa se aandrang gaan hulle op ‘n pa-seun-visvangnaweek om mekaar beter te leer verstaan.
Die krag gaan af, want die rekening is nie betaal nie. Jan huur ‘n kragopwekker ten duurste, maar dit kan ongelukkig net een prop laat werk.
Op die vooraand van sy ouers se 20e huweliksherdenking het JJ sy roeping gevind: rofstoei. Elsa weet baie van die nare sportsoort…
Danksy Tjoppie wat hom voorhou as elektrisiën, skok die krane ‘n mens nes jy daaraan vat. Boonop is daar ‘n slang iewers in die huis.
Jan se broer, Andries, wat nou in Nieu-Seeland woon, kom al die pad vir ‘n rugby reunie en irriteer Jan tot in die afgrond …
JJ se ondernemingsgees bereik ‘n absolute hoogtepunt wanneer hy verskeie besighede gelyk probeer bedryf.
Tjoppie kruip doodbenoud by die Kleynhanse weg, want hy het antie Bettie se trourok wat sy al die jare gebêre het, laat wegraak…
Die resessie druk en die Kleynhanse moet spaar waar hulle kan. Jan reken Elsa sal haar winkel moet toemaak, maar Elsa het ‘n plan…
Fransie is amper 16 en Elsa beplan ‘n behoorlike partytjie vir haar dogter. Nie dat Fransie te ingenome is nie…
Elsa gaan ‘n naakstudie-klas hou met ‘n regte, egte model. JJ en Kleinkoos is diep teleurgesteld toe hulle hoor dis ‘n ‘Super-Size”-model wat waarskynlik erg oorgewig is…