Home / Series / Het van Verlangekraal / Aired Order /

All Seasons

Season 1

  • S01E01 Episode 1

    • June 12, 1984

    In episode een van die drama, Het van Verlangekraal, maak ons kennis met Het Heiberg, oudste kind van die dronkaard Floors Heiberg. Dit word gou duidelik dat Het ’n probleemkind is – sy baklei met die ander kinders by die skool en weier om haar aan disipline te onderwerp. Die onderhoof, meneer du Plessis, besef egter dat Het se optrede toegeskryf kan word aan haar ongunstige huislike omstandighede en wil graag die besonders intelligente kind help. Maar dan maak die skooltjie op Verlangekraal kennis met ’n nuwe skoolhoof, meneer Erlank, wat uit die staanspoor dit duidelik maak dat hy dinge op sy manier gaan doen. Sy eerste botsing met Het Heiberg kom ook gou en kort daarna kry meneer du Plessis en meneer Erlank wat discipline in haar wil inslaan, ook stry.

  • S01E02 Episode 2

    • June 19, 1984

    Die spanning tussen meneer du Plessis en Erlank is besig om op te laai. Die twee kan nie tot ’n vergelyk kom oor hoe om Het Heiberg te hanteer nie. Meneer Erlank dink dat hy Het se stoutigheid uit haar moet slaan terwyl meneer du Plessis glo dat Het al so gewoond is aan lyfstraf dat dit geen uitwerking op haar sal het nie. Hy voel dat sy meer liefde en begrip nodig het. Intussen verbeter Het se hardkoppigheid en botsings met haar maats ook nie die situasie nie. Het steel ’n klasmaat se pop en sê vir Erlank dat dit haar pop is. Erlank is woedend as hy die waarheid uitvind en gee vir Het ’n geweldige loesing. Hiervoor gaan verkla Het se pa hom by die skoolraad, en ironies genoeg is dit meneer du Plessis wat tot Erlank se redding kom.

  • S01E03 Slot

    • June 26, 1984

    Het Heiberg se frustrasies bereik breekpunt. Sy is glo dat almal haar haat en in ’n woede uitbarsting verwoes sy meneer du Plessis se klaskamer. Teen haar verwagting praat meneer du Plessis mooi met Het in stede daarvan om haar te straf en dit lyk of hy uiteindelik begin deurdring tot Het en positiewe reaksie begin ontlok. Erlank aan die ander kant wil Het sumier verbeteringskool toe stuur. Du Plessis laat hom rede insien maar dan neem dinge ’n ongelukkige wending. Een van Het se klasmaats verdrink op die plek waar sy gewoonlik was en Erlank is onwrikbaar in sy besluit om Het na ’n verbeteringskool te stuur. Daarby sorg hy ook dat meneer du Plessis na ’n ander skool verplaas word.