'n Oorgewig meisie dagvaar 'n ingenieursfirma dat hulle teen haar gewig diskrimineer. Twee paartjies ontdek dat hulle kinders by geboorte omgeruil is en die vrou wil haar kind terug hê.
'n Afrikaanse gospelsangeres pleeg selfmoord en 'n ander sangeres word deur haar ma gedagvaar vir verlies aan inkomste nadat daar naakfoto's van haar op die internet uitlek.
Lara maak 'n onverwagse vriend. Corné loop hom vas teen 'n klient van Hans. Ben vind uit Bella stel belang in iemand. Katrien probeer haar verhouding met Sam red.
Lara probeer desperaat die praktyk red, terwyl Katrien vir Kobus uit die tronk moet hou. Corne se toekoms in onseker en Anne se lewe het 'n nuwe draai geneem. Hans geniet sy aftrede.
Katrien is desperaat vir 'n deurbraak in die Kobus saak. Lara ignoreer Lilani wat potensieel katastrofies kan wees. Wian sukkel om vrede te maak met die verlede. Gertrude verras Dolf.
Anne se aand uit ontaard in 'n nagmerrie. Dolf het groot planne vir die troue, wat Gertrude laat skrik. Wian neem 'n tree die toekoms in. Ben en Lelani vryf mekaar verkeerd op.
Lara vra Corne om terug te keer na die praktyk. Lilani kan nie langer haar geheim wegsteek nie. Wian en Adele neem die eerste tree tot 'n verhouding. Ben maak 'n onverwagse ontdekking.
Dolf moet 'n nagmerrie kliënt verdedig. Corne en Hans het verskillende idees oor die regshulpkliniek. Anne is woedend vir Ben. Alex kry onverwagse hulp met haar angsversteuring.
Ben en Katrien kruis swaarde by die werk. Anne en Corne probeer Nina uit die tronk hou. Alex se lewenskeuses frustreer Lara. Corne se verhouding met Lisa word verder gekompliseer.
Corne kry 'n onverwagse besoeker. 'n Speletjies aand by Dolf-hulle word versuur deur Ben. Hans help 'n ou vriend. Simon word gedagvaar vir diefstal en Lara is siedend.
Lara word genader deur Dewald om hom te help met 'n arbeidsgeskil. Corne se pa nooi hom op 'n gholf vakansie. Adele vind uit Wian vier nie sy verjaarsdag nie. 'n Ou liefde besoek Katrien.
Die gevolge van Hans se hartaanval spoel deur die hele praktyk. Dolf twyfel in sy vermoë om 'n pa te wees. Wian jaag Adele die skrik op die lyf. Katrien wonder oor haar lewe en keuses.
Katrien besef wat die werklike probleem is tussen haar en Ben. Jaco en Alex besef Lara het Dewald gehelp met sy egskeiding. Wian en Lilani kompeteer in 'n skynverhoor.
Ben sukkel om Katrien se vertrek te verwerk. Lara behaal 'n groot oorwinning. Corne kry skokkende nuus. Anne sukkel met 'n ou kliënt. Hans probeer Renè uitoorlê.
Hans merk kommerwekkende tekens in Rene se gedrag. Katrien vind die waarheid uit by Ben en is woedend. Lara probeer balans vind in haar lewe. Corne moet sy pa se dood verwerk.
Terwyl Katrien se lewe aan 'n draadjie hang neem Ben 'n drastiese besluit, veg Lara vir haar huwelik, ontvang Rene onstellende nuus en neem Corne se lewe 'n onverwagse wending.
Katrien se toestand is kritiek. René en Hans deel belangrike nuus met die familie. Adele wend haar na Corne vir hulp en Lara is onseker of Jaco gaan terugkeer uit Spanje.
Lara het haar hande vol met 'n egskeiding. Burger bied vir Katrien 'n nuwe werk aan. Rene staan voor 'n moeilike besluit en Lilani gee vir Corne baie slegte raad.
Rene sukkel om aan te pas na haar operasie. Ben help 'n onderwyser wat geskors is. Adele en Wian sit vas oor Mandisa se toekoms en Luke steek 'n geheim vir sy gesin weg.
Katrien begin by die staatsaanklaer en dis 'n nagmerrie. Corne leer dat nie almal wat hulp nodig het goed is . SPanning loop hoog tussen Wian en Adele en Lara en Jaco begin met terapie.
Dis matriekafskeid en Tamryn verras Ben en die kinders. Corne het sy hande vol met die regshulpkliniek en Dolf en Wian moet 'n plofbare kliënt verdedig.
Corne ontmoet Christelle se pa en dis 'n nagmerrie. Dewalk keer terug en vra vir Lara om hom te verdedig in 'n bedrogsaak. Katrien is die aanklaer. Thandi maak haar terugkeer.
Adele is histeries oor haar nuwe winkel wat oop maak. Corne ontdek 'n skokkende geheim van sy ma. Gertrude en Dolf kry onverwagse nuus oor hul swangerskap.
Terwyl Rene in remissie is, staan Ben en Lara voor groot besluite. Wian moet 'n mede-prokureur wat van diefstal aangekla is verdedig terwyl Katrien en Jack op nog 'n date gaan.
Thandi het 'n kans om haar werk terug te kry, maar moet 'n onmoontlike saak oplos. Ben gaan na 'n konverensie en ontmoet 'n ou vriendin van Lara. 'n Ou kliënt van Lara keer terug.
Lara probeer haar bes om Marco se onskuld te bewys terwyl Ben sy lot aanvaar as hoof van die praktyk. Luke en Richard gaan kamp terwyl Corne leer wat dit beteken om saam te bly.
Lara twyfel in haarself en die landdros-posisie, terwyl Ben stadig maar seker breekpunt bereik. Katrien vertel uiteindelik vir Burger die waarheid oor Kobus.
Dis Kersfees. Die Van Wyk gesin vier moontlik hulle laaste Kersfees saam met Rene. Corne raak haaks met Christelle se pa oor kersete. Dolf leer iets oor pa-wees by Gertrude se pa.