Na die afsterwe van 'n boekklub-lid keer Tom terug na Merweville, maar die ontvangs is egter kil. Hanli kry 'n onverwagse gas terwyl Kara en Lourens in hul werkslewe vooruit boer.
Tom worstel met die nuus oor sy boek en dit lei tot 'n uitbarsting en 'n bek geveg. Hanli behandel Piet soos 'n kind en dit frustreer hom mateloos.
Tom probeer die raaisel van sy ma uitpluis en dit neem hom op vreemde draaie. Piet en Sofia knoop 'n vriendskap aan wat hy wegsteek vir Hanli.
Tom gaan op 'n reis deur sy verlede saam met Veerman Charon. Vera en Lillie vorm 'n onwaarskynlike band. Julia sien 'n ander sy van John. Piet help Sofia om 'n moeilike besluit te neem.
Die boekklub hou konsert wat uitloop op 'n amperse fiasko. Tom en Sofia neem 'n besluit wat die hele gemeenskap raak. John en Julia is mal verlief wat lei tot probleme met Sofia.
'n Beroemde skrywer maak weer haar opwagting in die dorp. Tom vra Lillie om sy roman te lees. Piet voel hy is nie genoeg van 'n man vir Vera en vra Anna om hulp.
Die boekklub vier Lillie se verjaarsdag terwyl John 'n spookhuis vir die dorp se kinders reël met katastrofiese gevolge. Anna spring in om sake tussen Vera en Piet te beredder.
Tom en Lillie peins oor hulle toekoms na die vorige nag. Julia is vasbeslote om John agter tralies te sit en dring aan dat Lourens die aanranding ondersoek.
Lillie se ouers daag op wat haar oor die toekoms laat twyfel. Hanli lê Lourens 'n onmoontlike taak op. Michelle meng in tussen Lourens en Kara.
Veerman Charon stel Lourens voor 'n onmoontlike keuse. Hanli, Tom en die boekklub meng in, in Vera en Piet se verhouding. John en Julia maak planne vir die toekoms.