An adventure-loving young woman catches the attention of a handsome beau in this musical celebration of love, friends and fate.
Uma jovem aventureira atrai a atenção de um bem-parecido galã nesta celebração musical do amor, da amizade e do destino.
Hierdie ‘musiekfliek’ draai hoofsaaklik om die lewe van Liefling Marais, ‘n meisie met ‘n passie vir die lewe en ‘n neus vir avontuur! Liefling bly op ‘n plaas saam met pa Simon, ma Linda, broer Kobus, oupa Karel en huishoudster en vertroueling Katy. Pa Simon is ‘n professor by die universiteit en in sy klas ontmoet ons die drie trawante en boesemvriende – Jan, Pieter en Gert. Die seuns is ook Hartbeespoorters en Jan bly by sy ouma Elsa Ferreira. Die storie skop af in ‘n Desember vakansie. Rykmansdogter Melanie von Staden, het haar oog ferm gerig op die aantreklike Jan Ferreira wat weer sy oog op Liefling het. Die noodlot bring verliefdes, vriende en sogenaamde vyande onverwags bymekaar. Hierdie is ‘n liefdesverhaal vol trane, lag, musiek, dans en nostalgie.
English
Português - Portugal
Afrikaans